Dit is vir my aangenaam om my dienste aan u bekend te stel, alhoewel u al seer sekerlik in die verlede met my gedeel het. Ek bedank u vir die tyd wat u spandeer het om hierdie web ruimte te besoek en vra u om dit met u vriende te deel.
--------------------------------------------------------------------------------------------
Antieke Meubels
Alle meubels word as replikas van
antieke style gemaak.
Vier style is reeds beskikbaar naamlik
Cottage, Colonial, Shaker en Morris.
Meubels word gemaak van Oregon Pine, Sipres, Cottonwood, Eikehout,
Witpeer en Geelhout.
Ander hout soorte is beskikbaar op aanvraag.
Finansiering is nou ook beskikbaar!
--------------------------------------------------------------------------------------------
Safaris/Jag en Plaasvakansies
Met trots bied ons aan die Karoo Groot Vier wat bestaan uit Gemsbok, Kudu, Blesbok en Springbok. Ander spesies soos Rooi Hartbees, Steenbok, Swart Wildebees en Eland kan gereël word op aanvraag. Buitelandse jagters en/of gesinne is baie welkom om al die geriewe en fasalitiete met ons te deel.
Kom geniet egte Karoo gasvryheid en groet die dag met ‘n skemerkelkie en kuier die nag deur om ‘n gesellige kaggelvuur. Kom geniet egte Karoo kos wat voorberei word op die tradisionele manier. Kom weg uit die stads geraas en gejaag en kom geniet ‘n unike plaasvakansie.
--------------------------------------------------------------------------------------------
Advertensie Blad
Om 'n goeie afset vir jou produkte en dienste te kry is al klaar 'n groot hoofpyn vir enige onderneming, om nie eers van advertensie kostes te praat nie.
Bargain Seller is 'n advertensie blad wat vir die Karoo gedruk word deur mense van die Karoo. Ons weet waaroor alles gaan in die Karoo en ons wil u graag van hulp wees met die plaas van u advertensies in die Bargain Seller om so ook u dienste aan die Karoo en sy pragtige mense bekend en beskikbaar te stel. Probeer ons gerus u sal nie spyt wees nie.
--------------------------------------------------------------------------------------------
Omdraaisvlei - Karoo Journeys
Omdraaisvlei is an 16 000 hectare game and stock farm, managed strictly according to conservation principles. The farm is halfway between Britstown and Prieska on the N12 route.
The area is renowend for, in particular, two unique San petroglyph sites as well as an area where the continetal drift plate cracks can be seen clearly.
It gives great pleasure to share this very beautiful space with visitors and we seek to assist them in every way to obtain maximum benefit from their stay with us. We invite you to come and stay with us and experience the Karoo hopitality and the best scenery that only the Karoo can provide.
Edwin D Jackson Professional Hunter
Danielle L Jackson Ecologist, Doctoral Research : Environmental Education
--------------------------------------------------------------------------------------------
Gastehuise
Hoe baie het jy nie deur die Karoo gery en net gejaag om ander kant uit te kom nie, want dis mos te warm om stil te hou.
Doen jou self die guns en maak ruimte in jou reis om net een besoek in die Karoo af te lê en oornag in een van die talle puik Gastehuise waarvan ek 'n skakelbeampte is. Jy sal verseker weer en weer terug kom Karoo toe na die gasvryheid en diens wat sal vergoed vir die moordende hitte.
--------------------------------------------------------------------------------------------
Trade-Net Enterprises is hoofsaaklik 'n mikrodrukkers onderneming wat daarop ingestel is om hoë gehalte drukwerk aan die klein ondernemings en instansies te lewer. Ek volstaan steeds by my leuse dat ek die drukwerk en ontwerpe doen soos wat u dit verlang, want u betaal daarvoor. Verder is geen drukwerk ook te klein nie, bring dit en ek druk dit. Alle ontwerpe word gestoor om sodoende te verseker dat u ontwerp en drukwerk altyd dieselfde sal wees en alle werk word vertroulik hanteer. Soos u kan sien is ek van voorneme om ‘n uitstaande hoë gehalte diens te lewer en dit gaan nou slegs van u afhang of u hierdie geleentheid gaan benut al dan nie.
- Visitekaartjies (gewoon en gelamineer)
- Besigheids boeke (Faktuur, Kwitansie, ens.)
- Kalenders
- Brosjures
- Kennisgewings
- Brief-, Fakshoofde
- Kantoor Skryfbehoeftes
- T-Hemde
- Borduur werk op materiaal
- Webblad Ontwerpe
Indien u drukwerk het wat u gedoen wil hê is u meer as welkom om my te kontak. Onthou bring dit en ek druk dit, geen werk is te klein nie.
--------------------------------------------------------------------------------------------
|